Wetenskap ekstra klasse in Afrikaans in alle Suid Afrikaanse sentrums: Ekstra wetenskap hulp word aangebied vir graad 10 tot 12 leerders. Ons stelsel is volledig in Afrikaans vertaal want ons besef hoe belangrik dit is om onderrig in jou moedertaal te ontvang. Leerders kan dus kies of hulle die wetenskap program (en addisionele leesmateriaal) in Afrikaans of Engels wil gebruik. Net soos Master Maths volg die wetenskap stelsel ook die Suid Afrikaanse skoolkurrikulum.

‘n Suksesvolle kombinasie vir wetenskap onderrig : Ons M2-stelsel gebruik ‘n rekenaar program, tutors, werksopdragte en handboeke om die leerstof oor te dra. Die doel is om die korrekte manier van dink te kweek, en ook om ‘n merkbare verbetering in die leerders se wetenskappunte teweeg te bring. Ons wetenskap ekstra klasse en stelsel is uniek, nie net omdat dit ‘n rekenaargebaseerde wetenskap program is nie, maar leerders ontvang persoonlike aandag van opgeleide wetenskap tutors

Ondervinding in ekstra klasse sedert 1976: Ouers vra al jare lank dat Master Maths (sedert 1976) ekstra wetenskap klasse moet ontwikkel. Dit het ons ses jaar geneem, maar hulle het ons geïnspireer om Master Science te voltooi. Master Maths het tans meer as 140 sentrums reg oor die land en bied betroubare aanvullende onderrig met ‘n professionele ondersteunings struktuur. Ons het in 2011 die nuwe wetenskap sisteem landwyd ingefaseer, en ons is trots om aan te kondig dat die eksta wetenskap klasse nou in meer as 94 van ons sentrums beskikbaar is.

Ons wetenskap klasse is gefokus op elke leerder se unieke behoeftes: Die wetenskap werksopdragte toets begrip en die vermoë om vrae korrek te beantwoord. Dit stel leerders ook bloot aan verskillende maniere waarop vrae in die eksamen gevra word. Die leerder se vordering kan ook so gemeet word, en die tutors kan bepaal of hy/sy gereed is om na die volgende afdeling te doen. Leerders sal nooit werk aanpak waarvoor hulle nog nie gereed is nie, en dus bly hulle gemotiveerd en sukkel nie om nuwe konsepte te snap nie